Sagaria 2:8
Want so sê die HERE van die leërskare:.. want wie julle [die volk ISRAEL] aanraak, raak Sy oogappel aan.
Volgens die Hebreeuse Strong’s Konkordansie is die ”appel van die oog”, die ‘pupil van die oog’ – dus een van die sensitiefste dele van ‘n liggaam.
‘n Turkse wetgewer [Hasan Bitmez (53) van die konserwatiewe Felicity Party] het Dinsdag, 12 Desember 2023, by ‘n Algemene Vergadering van die Turkse Parlement ineengestort met ‘n hartaanval DIREK aan die einde van sy parlementêre toespraak waarin hy Israel veroordeel het en gesê het dat Israel nie “die toorn van Allah sal ontsnap nie“.
