Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Die einde kom! Die einde kom! ..

  1. August 27, 2024

    Die einde kom! Die einde kom!

    Sedert April 2024 tot huidiglik
    het die Heilige Gees my reeds
    11 keer vermaan om te verkondig
    Die einde kom! Die einde kom!

    Die jaar 2024 het letterlik Jesus
    se verduidelikende antwoord op die dissipels
    se vraag oor “Wat is die teken van U koms?”
    in Mattheus 24 in beweging gebring
    naamlik, “die begin van die smarte.”

    En leer van die vyeboom hierdie gelykenis:
    “Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot,
    weet julle dat die somer naby is.
    So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien,
    dat dit naby is, voor die deur”

    Die vyeboom is binne een dag herbore
    – presies soos deur die profeet Jesaja geprofeteer –
    “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag
    sal sekerlik nie verbygaan
    voordat al hierdie dinge gebeur het nie”
    – hierdie geslag is reeds 76 jaar oud! –

    Mattheus 25 begin Jesus Sy vertelling
    met die wegraping
    – net die helfde van gelowiges –
    was waardig geag
    om die smart van die groot verdrukking
    vry te spring!

    Mattheus 26 maak Jesus aan Sy dissipels bekend:
    “Julle weet dat oor twee dae
    die pasga kom,
    dan word die Seun van die mens
    oorgelewer om gekruisig te word.”
    “My Vader, as hierdie beker
    nie by My verbygaan sonder dat Ek dit drink nie,
    laat U wil geskied.”
    Sal dit dié tyd wees
    van die wêreldwye verdrukking
    van Jesus se dissipels?

    Mattheus 27 openbaar
    “en hulle het Hom geboei
    en weggelei en Hom oorgelewer
    aan Pontius Pilatus, die goewerneur.”
    “En hulle spuug op Hom
    en neem die riet en slaan Hom op Sy hoof.”
    “My God, My God,
    Waarom het U My verlaat?”
    En kyk, die voorhangsel van die tempel
    het in twee geskeur – van bo tot onder –
    en die aarde het gebewe
    en die rotse het geskeur;
    en die grafte het oopgegaan
    en baie liggame van die ontslape heiliges
    het opgestaan.
    En hulle het gegaan en die graf
    verseker deur die steen te verseël
    In teenwoordigheid van die wag.

    Mattheus 28 – En daar kom ‘n groot aardbewing,
    want ‘n engel van die HERE
    het uit die hemel neergedaal en gekom
    en die steen van die opening weggerol
    en daarop gaan sit.
    “Hy is nie hier nie,
    want Hy het opgestaan soos Hy gesê het.
    En toe die elf dissipels hom sien,
    het hulle Hom aanbid –
    maar sommiges het getwyfel –
    “Aan My is gegee alle mag in hemel
    en op aarde.”
    “En kyk, Ek is met julle al die dae
    tot aan die voleinding van die wêreld.”

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.