Ek buig in aanbidding voor U Genadetroon om U barmhartigheid en genade te mag ontvang [Hebreërs 4:16]
Ek kom, Vader, na U in die Naam en deur die Bloed van U Seun, Jesus Christus
Ek erken en bely hiermee met my mond dat ek ‘n sondaar is en U vergifnis nodig het
Ek is jammer, Vader, oor die wyse waarop ek tot nou toe gelewe het en het opreg berou oor my sondes
Ek pleit om U vergifnis, Vader – in die Naam van Jesus
Ek glo met my hele hart dat U Eniggebore Seun, Jesus Christus, met Sy gestorte, kosbare Bloed aan die kruis op Golgota ook vir my sondes gesterf het; dat my sondes saam met Jesus aan die kruishout vasgespyker is, en ek is nou deur U Genade bereid om my lewe te verander en weg te draai van my sondes
U sê in U Heilige Woord [Romeine 10:9] dat as ons bely met ons mond dat Jesus Christus die Here is en glo in ons hart dat God Jesus uit die dood opgewek het, SAL ons gered word.
Op hierdie oomblik bely en erken ek dat Jesus die Here van my siel en lewe is
Met my hele hart glo ek dat Jesus die Eniggeborene Seun van die Lewende God is; uit die maagd Maria gebore is; as ‘n sondelose mens verguis, gegesel en verbrysel is tot aan die kruis op Golgota; sonde geword het aan die vloekhout deur ons sondes; Sy versoenende offerliefde-dood aan die kruis; Sy liggaamlike opstanding deur die kragtige werking van God die Vader en Sy Hemelvaart om Sy regmatige plek aan die regterhand van God die Vader weer in te neem
Ek aanvaar en neem Jesus Christus op hierdie oomblik aan as my eie persoonlike Verlosser en kragtens die Woord van die Lewende God, is ek gered tot die ewige lewe as ek Jesus met ‘n opregte hart aanneem en is ek dan ‘n verloste kind van die Lewende God deur die Liefde en Genade van Jesus Christus
Dankie Jesus vir U onbeperkte verlossende Genade wat my van my sondes gered het
Ek dank U Jesus dat U die Trooster van God, die Heilige Gees, gestuur het om in my te woon; om my verder te lei, te onderskraag, te beheers en te vertroos in en tot ‘n nuwe lewe van gehoorsaamheid aan U Wil en Woord
Jesus neem weg my klip hart en skenk my ‘n hart van vlees, vol ootmoed vir andere
Here Jesus, help my deur U Heilige Gees om my lewe te verander sodat ek vir U sal lewe en my lewe voortaan ‘n skynende getuienis vir U sal wees
Vader, met ‘n dankbare hart sê ek vir U baie dankie vir U groot genade en barmhartigheid, dat ek nog hierdie geleentheid gegun word om U Seun as my Saligmaker en Verlosser tot die ewige lewe, te kon aanneem
Al die eer en heerlikheid kom alleenlik aan God die Vader toe deur Jesus Christus, my Verlosser en Here
satan, in die Naam van Jesus Christus van Naseret, bind ek op hierdie oomblik ál jou bose werke en sal dit geen krag meer oor my lewe hê nie want die Kosbare Bloed van my Verlosser, Jesus Christus, is teen jou en teen jou magte van duisternis
Ek behoort nou aan Jesus Christus want Sy kosbare Bloed deurdrenk my en reinig my van alle sondes
en getuig ek – noudat ek die Woord van die Waarheid, die Evangelie van sondaarsredding aangeneem het en met ‘n volkome hart glo dat Jesus Christus my Verlosser is – dat ek nou verseël is met die Heilige Gees van die Belofte, wat die onderpand is van my erfdeel om die Koninkryk van God te kan beërwe – die Ewige Lewe! tot lof van Sy Heerlikheid!
In Jesus se kosbare Naam bid ek dit en dank ek U, Vader God!
1 Comment
Ben Hefer
January 13, 2022
Opregte Verlossingsgebed ..
Hemelse Vader God
Ek buig in aanbidding voor U Genadetroon om U barmhartigheid en genade te mag ontvang
[Hebreërs 4:16]

Amen! Amen! en Amen!
Write a comment: