Hoeveel keer het ons nie al gehoor “behandel ander soos jy self behandel wil word” nie?
Nog daagliks kry ons met mense te doen wat daarop uit is om ons te verkleineer, af te breek en sleg te sê voor ander.
Ons almal maak soms foute, maar die manier hoe jy op daardie foute gewys en aangespreek word, is die verskil tussen respek en disrespek, of jy daaruit leer of nie.
Om iemand se persoon aan te val, hom te vertel hoe sleg hy is (soms oor ‘n nietige fout wat hy gemaak het) en hom te verskree voor ander mense, is beslis ‘n teken van disrespek en baie onprofessioneel.
Wanneer iemand ‘n fout maak, neem hom eenkant en wys hom kalm en beleefd op sy fout en leer hom die regte manier, sodat hy nie weer dieselfde fout sal begaan nie.
Baiekeer maak mense juis foute omdat hul onseker is oor die korrekte wyse van doen. Niemand is alwetend nie en mens moet leer hoe om op te tree en te doen wat presies van jou verwag word.
Maar as dit nie openlik en eerlik en duidelik aan jou gekommunikeer word nie, gaan jy nie weet jy maak foute nie.
In Matteus 18:15 word ook genoem: “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.”
Wanneer iemand jou met respek aanspreek, eenkant toe vat waar julle alleen is en wys op jou fout en verduidelik wat die korrekte manier van doen is, gaan jy luister en dieselfde respek teenoor daardie persoon betoon.
Maar as iemand op jou skree, jou voor ander mense afbreek en beledig oor ‘n simple fout, raak jy net ontsteld, luister nie regtig nie, verwens hom in jou gedagtes, en weet agterna nog steeds nie wat presies jy verkeerd gedoen het en hoe dit reg gedoen moet word nie.
Onthou dus die goue reël. Behandel ander soos JY graag behandel wil word.
Kom ons, as kinders van die Here, wees ‘n voorbeeld van hoe om op te tree teenoor ander. En bid vir die mense wat jou afbreek en met disrespek behandel sodat die Here hulle harte en gesindheid sal verander.
Dis juis deur ons voorbeeld en die wyse hoe ons optree, wat ons vir die wêreld kan wys wie se Gees binne ons heers.
1 Comment
Driekie Grobler
January 20, 2022

© Driekie Grobler
Write a comment: