Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Ek betrag my wederhelfte ..

  1. January 21, 2022

    Wederhelfte!

    Ek betrag my wederhelfte ..
    haar sprankeling is nog dieselfde!

    Dit was weliswaar 47 jaar gelede
    sy was die meisie in my gebede!

    Ek was destyds die Sersant
    nogals een malse kalant ..

    Hoe dit ook al sy,
    sy het dadelik gehou van my!

    Ek wou eers die kat uit die boom kyk
    .. maar dit het later onnodig geblyk!

    Bewimpelde reȅlings deur die Venter’s
    had al my enkellopende planne flenters
    .. en het gehad ten doel
    dat ons tweetjies nie moet verkoel!

    Binne minder as ses maande
    .. toe sit ons twee en vry in die aande!

    Kort voor lank is ek opgeroep
    eers vir opleiding in guerilla oorlogvoering ..
    en moes ek vinnig spring om haar bekoring!

    Verloof geraak vinnig
    want ons liefde was so .. innig!

    Net daarna .. was dit drie maande grensdiens
    .. dit het verbygegaan ongesiens!

    Vyf maande verloof
    toe staan ons voor die kansel en beloof ..
    .. tot die dood ons skei ..
    want langer kon ons die alleen slaap nie vermy!

    In dié tyd het ek het haar goed leer ken
    as sy sê ‘Benjamin’ .. en nie ‘Ben’
    moes ek in my spore trap
    dan was sy omgekrap!

    Swanger kon sy nie raak
    dit kon die liefde nie skaad ..

    God is ‘n gebedsverhoorder
    Sy kind is nie ‘n verloorder
    God gegewe
    skenk Hy toe vir ons kinderlewe!

    Met twee dogters in die huis
    was rus-en-vrede nie altyd pluis ..

    Opgegroei in die Woord
    sing hul kinders nou in akkoord
    .. Jesus is Koning van die konings ..
    weerklink dit ook in hul wonings

    Die ouderdom vat aan my wederhelfte
    en laat my ook na geheue delwe!

    Ondanks die pyn en al die snymerke
    ken haar geloof in God geen perke!

    Kwaadaardig is dit wel
    sy laat haar geloof nie daardeur kwel

    Jesus Christus is haar vertroue
    en haar behoue ..

    Kinders en klein-kinders sal nie weet
    hoe sy elke dag bid dat hul God nie sal vergeet!

    Dit is haar lewensbeleid
    om vir hul .. by God te pleit

    Ek hoor as sy bid .. so baie kere
    as sy vol vertroue, eenvoudig bid “HERE ..

    Ek is God so dankbaar
    dat ek het .. vir haar!

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.