Spreuke 23:17-18 “Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.”
Hoe maklik kyk ons teen ander mense vas. Sien hulle sukses en voorspoed raak en wonder dan hoekom ons so sukkel om voor te kom in die lewe. Deur heeltyd jouself met ander te vergelyk, misgun jy jouself die kans om jou eie toekoms en uitkoms raak te sien.
In ons hart raak ons diep afgunstig teenoor dié, wat volgens ons, meer ontvang in die lewe as ons. Groter hoogtes bereik as ons. Alles van die beste het. En soos dit vir ons lyk, sonder enige probleme deur die lewe gaan. Heeltyd op die golf van sukses en voorspoed ry.
Die Bybel waarsku ons spesifiek hierteen.
Meeste van daardie mense wat so welaf is, wat so uitspattig lewe, ken nie die Here nie. Of hulle weet van Hom, maar dien eerder ‘mammon’, die god van geld. Hulle lewe draai om winsbejag, bymekaarmaak, vertoon, ander indoen sodat hulle bevoordeel kan word. Ons sien net die bokant se blink, maar is nie altyd bewus van die onderkant se stink nie.
Die Here sê uitdruklik ons kan nie God en ‘mammon’ saam dien nie. Ons moet kies, die een of die ander.
Maar Hy waarsku ons ook om nie op sondaars ‘afgunstig’ te wees nie, en ook met goeie reg.
Moenie jouself en jou lewensomstandighede heeltyd met dié van ander vergelyk nie. Deur dit te doen plaas jy jou fokus op mense, wakker begeerte aan (deur te begeer om ook te hê wat hulle het, om ook te wees waar hulle is).
Dit is ‘n vals spieël waarin jy kyk, wat jou soos ‘n mislukking laat lyk en voel.
‘n Absolute leuen van satan.
Nee, sê die Woord, ons moet altyd ywerig wees om die Here te dien. Om die Here te dien is om ons volle fokus op Hom te plaas. Om toe te laat dat sy Gees in ons woon en ons op die regte pad lei. Ons oë af te haal van sondige/feilbare mense, met sondige gewoontes en omstandighede wat ons kan laat struikel en ons verhoed om ons oë slegs op God en die uitvoer van sy Gebod te hou.
Wanneer ons teen Hom vaskyk, weerspieël die regte waardes en sy liefde in ons lewe. Dan maak rykdom, besittings en eer nie meer saak nie want dit is in elk geval dinge sonder ewigheidswaarde. Dan sien ons met dankbaarheid sy goedheid en guns in ons lewe raak. Ervaar ons vrede en berusting in die wete dat Hy vir ons sorg en weet wat ons wanneer nodig het. Sien ons duidelik die weg wat Hy vir ons aandui, ‘n weg vir ‘n hoopvolle toekoms.
As ons ywer aan die dag lê om die Here te dien, opreg is in ons denke, doen en late, dan sal ons ‘n toekoms hê, en hoop sal ons nie ontneem word nie.
Om hoop te hê, beteken om volle vertroue in God te hê en te weet Hy sal jou nooit in die steek laat nie.
Terwyl ons teen sondaars se lewenswyse en besittings vaskyk, het ons geen hoop nie, want dit anker ons vas in afguns en begeerte, hou ons oë gevange, maak ons blind vir ons eie sukses en toekoms.
Sny jou dus los daarvan. Haal jou oë af van mense en plaas dit op God, sodat Hy jou helder kan laat sien en vir jou ‘n nuwe toekoms kan aanwys.
Wandel deur geloof met vaste vertroue, slegs daarin lê jou behoud en uitkoms.
1 Comment
Driekie Grobler
February 15, 2022
HOOP VIR DIE TOEKOMS

©Driekie Grobler
Write a comment: