Lewenstorms is hewig
staan dus stewig
wees nie verward
die smal pad is soms benard
die breë weg is maklik
maar jou siel word daardeur bekladlik
wat die twee paaie betref
van oordeel word jy nie onthef
dit is van die voortyd reeds so bepaal
.. want die dood sal jou inhaal . .
dit is elkeen se eie lewenskeuse
wat is dus jou leuse?
jy besit die kennis van goed en kwaad
dit bepaal elke lewensdaad!
LEEF OPREG!
Die gees van die mens is ‘n lamp
.. van die Here wie jou besoek ..
en al die kamers van die binneste ondersoek
sorg dus dat jy jou oë stewig op die Kruis klamp
LEEF OPREG!
Hou jou oog reg
dit sal die hele liggaam verlig
en jou ewigheidsbaan belig!
Laat toe dat die Gees jou vermaan
sodat jou lewe jou nie beskaam
hou jou hart opreg
volg die Weg
hou jou gedagtes op die hoede
en vermy God se roede!
LEEF OPREG!
Wees vir die sonde bedag
te midde van ‘n krom en verdraaide geslag
Neem ter harte
jou uitgang
en jou ingang
vermy só onnodige smarte ..
Dit is net God se Genades
wat jou dra deur die dekades
wees vir ander ‘n bruikbare gerf
en nie ‘n donker verderf
LEEF OPREG!
As andere jou lewenswandel aanskou
sal hul wel onthou
hol woorde verdwyn in die wind
maar in die opregte word geen kwaad gevind ..
LEEF OPREG!
Dit is bepalend
.. al is die goddelose daaroor neerhalend ..
die uiteinde van jou weg
is vir die siel .. REG!
1 Comment
Ben Hefer
March 8, 2022
Leef Opreg!
Lewenstorms is hewig
staan dus stewig
wees nie verward
die smal pad is soms benard
die breë weg is maklik
maar jou siel word daardeur bekladlik
wat die twee paaie betref
van oordeel word jy nie onthef
dit is van die voortyd reeds so bepaal
.. want die dood sal jou inhaal . .
dit is elkeen se eie lewenskeuse
wat is dus jou leuse?
jy besit die kennis van goed en kwaad
dit bepaal elke lewensdaad!
LEEF OPREG!
Die gees van die mens is ‘n lamp
.. van die Here wie jou besoek ..
en al die kamers van die binneste ondersoek
sorg dus dat jy jou oë stewig op die Kruis klamp
LEEF OPREG!
Hou jou oog reg
dit sal die hele liggaam verlig
en jou ewigheidsbaan belig!
Laat toe dat die Gees jou vermaan
sodat jou lewe jou nie beskaam
hou jou hart opreg
volg die Weg
hou jou gedagtes op die hoede
en vermy God se roede!
LEEF OPREG!
Wees vir die sonde bedag
te midde van ‘n krom en verdraaide geslag
Neem ter harte
jou uitgang
en jou ingang
vermy só onnodige smarte ..
Dit is net God se Genades
wat jou dra deur die dekades
wees vir ander ‘n bruikbare gerf
en nie ‘n donker verderf
LEEF OPREG!
As andere jou lewenswandel aanskou
sal hul wel onthou
hol woorde verdwyn in die wind
maar in die opregte word geen kwaad gevind ..
LEEF OPREG!
Dit is bepalend
.. al is die goddelose daaroor neerhalend ..
die uiteinde van jou weg
is vir die siel .. REG!
LEEF OPREG!
Write a comment: