Skaam, so bitter skaam ..
ó Here, ek het weereens sonde gepleeg
.. tussen wik en weeg ..
dit skeur my siel, ó Here!
want hoeveel kere
sal ek U nog gee .. ‘n Judas kus
as my vlees die sonde omlus ..
Skaam, so bitter skaam ..
waarom, ó Here, is my weerstand
teen sonde .. so flou?
U weet, ó Here, my hart is teen sonde gekant ..
ek wil nie bevind word .. as lou?
Skaam, so bitter skaam ..
as U, Here, weereens sien
.. aan sonde gekoppel .. my naam
U alleen wil ek dien!
Word U nie moeg vir my gepleit
om sondevergifnis?
.. dan lees ek in die psalmis
“Loof die Here, want Hy is goed. Aan Sy liefde is daar geen einde nie!”
Moeg gespartel
in eie krag
my siel deur gedagtes gemartel
.. tussen Satan se gekèf ..
kom die besef
Satan het oor mý .. géen mag!
Satan se gekoggel word verdof
toe dié wete ontplof
.. Jesus het mý sondeskuld ten vólle betaal
oorwinning aan die Kruis is reeds behaal!
Dankbaarheid deurspoel ..
verfrissend en koel
.. my siel
met die seker wete
Jesus het my sondes volkome vergewe!
Help my, Gees van God
om soos Lot
slegs vorentoe te kyk
en soos vir Paulus .. sal sonde ook wyk
as Koningskind
.. in Christus Jesus sal ek volhard .. tot by die oorwinningslint!
1 Comment
Ben Hefer
September 8, 2022
Skaam Dánkbaar!
Skaam, so bitter skaam ..
ó Here, ek het weereens sonde gepleeg
.. tussen wik en weeg ..
dit skeur my siel, ó Here!
want hoeveel kere
sal ek U nog gee .. ‘n Judas kus
as my vlees die sonde omlus ..
Skaam, so bitter skaam ..
waarom, ó Here, is my weerstand
teen sonde .. so flou?
U weet, ó Here, my hart is teen sonde gekant ..
ek wil nie bevind word .. as lou?
Skaam, so bitter skaam ..
as U, Here, weereens sien
.. aan sonde gekoppel .. my naam
U alleen wil ek dien!
Word U nie moeg vir my gepleit
om sondevergifnis?
.. dan lees ek in die psalmis
“Loof die Here, want Hy is goed. Aan Sy liefde is daar geen einde nie!”
Moeg gespartel
in eie krag
my siel deur gedagtes gemartel
.. tussen Satan se gekèf ..
kom die besef
Satan het oor mý .. géen mag!
Satan se gekoggel word verdof
toe dié wete ontplof
.. Jesus het mý sondeskuld ten vólle betaal
oorwinning aan die Kruis is reeds behaal!
Dankbaarheid deurspoel ..
verfrissend en koel
.. my siel
met die seker wete
Jesus het my sondes volkome vergewe!
Help my, Gees van God
om soos Lot
slegs vorentoe te kyk
en soos vir Paulus .. sal sonde ook wyk
as Koningskind
.. in Christus Jesus sal ek volhard .. tot by die oorwinningslint!
Write a comment: