Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Ek is sò moeg, O Heer ..

  1. January 5, 2023

    Sò Moeg ..

    Ek is sò moeg, O Heer ..
    deur moegheid omgewe
    kompleet of my lewe
    in die barre aardkors .. ingeskoffel
    met ‘n troffel
    in klipgrondbedding se groef
    afgemat .. lewensbeproef
    vasgemessel
    gekompakteer ..
    O Heer .. ek wil U nie bedroef
    ek is net .. sò moeg
    geploeg ..

    Ek weet .. o Heer
    daar is ‘n lewensles hieruit te leer
    .. net soos ‘n eg bogrond omkeer
    en ‘n boer hom bemoei
    met die diepte van ‘n gewas se wortelgroei
    en die aard van die grondstruktuur
    werksvermoeienis verduur
    landerye bemes
    om uit te roei enige pes ..
    is die aardse lewe – voorbereiding
    deur geloofsbewerking
    ontkieming
    tot die Ewige Lewe!

    Al is ek verbý
    moeg
    O Heer
    sál ek my in Jesus Christus verbly
    want U Woord .. is vir my .. genoeg ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.