Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

God geseënde ..

  1. September 6, 2023

    Die Leeu en die Bruid!

    God geseënde
    Kerk van Filadelfia .. gemeente
    van die opgestane Lam
    jy het verwerp .. wêreldse buigsaamheid
    en bewaar .. My lydsaamheid
    daarom sal Ek ook bewaar .. My Bruid
    .. satan sal jou níe buit ..
    My belofte staan vas
    Ek sal jou verlos van die Antichris se bose las
    .. by My is daar vergifnis en versoening
    vir jou suiwer hartsbedoeling ..
    Ek sal My Bruid bewaar, wegruk

      .. in die wolke wegvoer
      die Leeu uit die stam van Juda .. tegemoet
      die hemelse ontmoeting .. so soet
      .. tesame met die Gees van God! ..

    uit die uur van beproewing
    wat sal kom oor die hele wêreld ..
    al die bewoners van die aarde .. in uiterste bedroewing
    daar was nog nóoit só ‘n groot verdrukking
    oproere .. waansinnig en kranksinnig
    menseslagting ..
    angsbevange .. beheerbare slawe
    deur die Antichris behandel met minagting
    met ‘n ystergreep sal hy regeer
    níemand sal dié satansgevulde, kan keer!

    Agtergeblewe ..
    die Laodicea gemeente
    aardsgedrewe
    geestelik .. net ‘n gebleikte gebeente
    van buite .. so blink
    maar deur God bevind
    onwaardig
    en beklaenswaardig
    arm, naak en blind
    het sy haar lot
    .. sélf beklink ..
    was sy maar warm of koud
    deur God bevind .. net lou
    ..haar eerste liefde het sy nie behou ..
    begogel met wêreldse beredenerings
    kompromieë en toegewings
    daar was geen sondebelydenis
    geen opregte pleit om vergiffenis
    net selfvoldaanheid in aardse selfvoldoening
    .. was sy ontrou
    aan die Woord van God ..
    is sy agtergelaat .. vol berou
    en doodsbenoud
    sy het die Heilige Gees .. nie meer .. as haar behoud
    en is sy uitgespuug ..
    voor die Antichris sal sy moet bieg
    of lieg
    .. haar leuse
    opgesluit in haar ewigheidskeuse ..
    sal haar lewenskoers bepaal
    of sy die hemelse oorwinning sal behaal
    en die kroon van die ewige lewe .. ontvang
    .. of met ewige verdorwering .. omhang ..

  2. September 9, 2023

    Handeling 2:17 Só sal dit in die laaste dae wees, sê God ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.