Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Amerika en Engeland ..

  1. December 14, 2023

    Israel, Amerika en Engeland

    Amerika en Engeland
    slegs deur God se Wíl
    .. klink dít vir jul .. te kil?
    is júl aan bewind!
    júl bevind
    júl aan die verkeerde kant ..

    Wees gewaarsku
    júl versaking van Israel
    ja .. júl hou ónderling beraad
    en pleeg verraad
    teen Sý Volk ..
    om Israel te versaak!

    Sien júl nié die onweerswolk?
    júl sê “Dit sal ons nie raak!”

    Weet julle dan nie
    .. júl en kie! ..
    God Sélf het verklaar
    Jerusalem is Myne!

    Amerika leef ‘n leuen
    .. verleen heimlik steun
    aan Persië ..
    Biden sal val
    .. vol is sy getal ..
    Kamala Harris
    .. ‘n voorgereg-dis ..
    die Tromp(et) sal wéer blaas
    al maak die opposisie gróot geraas
    Brigette se ondersteuning
    laat liberale in tolval verwarring
    hul onderduimsheid se warrel
    laat kiesers rondskarrel!

    Die Woord sê wel
    .. Israel deur sy vyande beknel
    .. deur sy alliansie lede verwerp
    .. deur God só ontwerp! ..
    dat Jerusalem verdeel sal word
    as Israel dink .. God se Arm is té kort!

    Amerika sélf staan gevaar
    om te baar
    aardbewende verwoesting
    groot die split
    vanaf die foutlyn Madrid
    .. ‘n geweldige loesing!

    Engeland se dág
    van benoudheid en straf
    .. tussen koring en kaf ..
    kom verseker
    .. vol, sal wees .. haar beker ..
    vuur sal haar laat wegkwyn
    haar vlam .. verdwyn!

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.