Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

2024 – Gee noukeurig aandag ..

  1. January 9, 2024

    2024 – Matthéűs 24 (Die begin van die smarte)

    2024
    gee noukeurig aandag
    aan hierdie verslag
    .. die gebeure wat kom
    is nog níe die einde .. van die mensdom ..
    deur Christus Jesus Self só verklaar
    Matthéűs 24 ís nóu reeds .. daár!

    Geén sondebesef
    té opvallend
    té ooglopend
    té opsetlik
    maar deur die hoofstroom Kerk
    verkondig .. as wetlik
    Sý dra nou die mérk
    van Woord misleiding ..

    “Laat niemand julle op enige manier mislei
    want eers móet Sý die afval aankleef””
    .. opstand teen God .. in mense-misleiding verweef ..
    satan se lakei
    “dan eers sál die mens van sonde”
    .. sélfgebonde ..
    “geopenbaar word, die seun van die verderf!”

    “Want ons worstelstryd is níe teen vlees en bloed”
    maar teen die hel se gloed
    “teen die duisternis van hierdie eeu”
    .. “satan loop rond soos ‘n brullende leeu” ..
    “teen die bose geeste in die lug”
    .. die hel is geén klúg!

    “Julle sal hoor van oorloë en gerugte
    van oorloë” .. lees maar hoofnuusopskrifte ..

    Israel se oorlewingstryd sal vererger
    toegevoeg tot haar verdriet
    .. beserker ..
    Hezbollah, Libanon, Sirië en Irak
    uit Iran se mond kom fakkels
    .. ‘n slinkse jakkels ..
    spat vuurvonke uit
    .. ‘n dreigende geluid ..
    uit sy neusgate kom rook
    soos uit ‘n kokende pot .. gekook
    met biesievuur daarby!

    Israel sal staan volk-alleen
    teen elke vyand-skoot
    .. deur bondgenote .. verstoot ..
    Israel sal vuur slinger
    ook na Damaskus en Iran
    sy vyande sal nog wys .. hul hakskeen ..

    Heersers sal meteens
    struikel .. val .. wegkwyn
    verdwyn ..
    Amerika
    Rusland
    Suid-Afrika
    Die Vatikaan
    vergeet nie van China vorentoe
    .. en Israel? ..

    Sonde-toegewings
    aardbewings
    hongersnode
    vermeerdering van dode
    pessiektes
    fanatieke séktes ..

    Wêreldwyd .. barensnood
    sondes teen God .. só groot ..

    Gog en Magog .. in die verte .. wink
    kom aangedraf ewe flink ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.