Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Persië .. spog ..

  1. January 24, 2024

    ELAM

    Persië .. spog
    niemand sal haár kan keer
    haár boog is reeds gespan
    .. ‘n diaboliese plan ..
    sý sal Israel annileer
    én uitwis ..
    binne 8 minute se tyd
    .. dan is dít .. groót jolyt ..
    sý is immers .. die groót Sus
    .. Magog!

    Hierop moet júl egter let
    oór Persië .. hang ‘n vangnet
    van doodstyding
    ‘n lyding
    só ontsettend ..
    gekonstruktueer .. deur haarsélf
    in die aardkors íngedelf ..

    Israel se oë .. tuur oplettend
    oor Persië .. die gebied van Elam
    in die suide
    .. ondergrondse geluide ..
    ‘n kobrasvesting
    skildbekleding
    pyleversameling
    .. die aarde skud en beef
    onbeheerste inploffings
    angswekkende ontploffings
    omgeef
    Elam
    .. verlam ..
    verteer deur ‘n gloed
    daarín .. is geén goed ..

    Elam .. sielsverlates
    kale vlaktes
    uit Persië vlug mensekinders
    verwarrend
    en fladderend
    soos vlinders
    saam met die vier windstreke
    .. Elam se boog .. verbreke ..

    Nasies verskrik en ontsteld
    Elam .. weggesmelt ..
    wat het gebeur?
    .. Elam se boog
    gespan, só hoog
    wás die keur
    van haár krág
    en mág ..
    .. haár koning en prinse
    het gesterf
    en oneer verwerf ..
    .. haár kinders, sál soos hooi
    verstrooi
    word
    oor die hele wêreld heen
    ‘n smartlike geween ..
    .. dit is die lang en die kort
    weergawe ..
    .. daarín .. is oók genade ..

    Volke .. sidderend
    .. bewend
    oor húl eíe lewens .. beangs
    .. húl sondeskuld, loop oók daarlangs ..
    nasies verontrust in húl gemoed
    oor die hélse gloed ..

    Vergeet oók níe van Damaskus ..
    haár lot
    is ook reeds geplot ..

    Die HERE sal Sy heilige Naam
    bekend maak onder Sy volk, Israel
    en die nasies sal weet
    .. díe gloed nie vergeet ..
    dat die HERE, die Heilige in Israel is ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.