Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

2024 .. ‘n skeidingsjaar ..

  1. January 1, 2024

    2024
    Duisternis óf Ewige Lig?

    2024 ..
    ‘n skeidingsjaar
    waarin die Kerk sal moet verklaar
    verkies sý om wêreldgebonde te bly
    ingelym by die Laodicea gemeente?
    .. of gaan sý haar oprégte geloof ín Christus Jesus bely
    soos die Kerk van Filadelfia?
    dié Bruid van die Leeu van Juda!

    Weet dit verseker
    die Kerk van Laodicea se toornbeker
    sal ineengesmelt word in wandel
    onder die eenwêreldkerk se vaandel ..
    deur die gees van verleiding
    en misleiding
    hul herders .. vals tevrede
    met hul siening
    oor die vryheidsbediening
    gemeentes in harwar
    nié meer by magte
    om te onderskei tussen witgepleisterde grafte
    hul menslike denke .. verwar
    .. dit is reeds die hede!

    Die Wóórd gebied
    .. Kerk van Filadelfia
    verhef ‘n verlossingslied!
    .. gaan uit haar uit
    verkondig dit hard en luid ..
    sodat julle nie gemeenskap
    .. aangelap ..
    met haar sondes mag hê
    as jul op eenderse kooi lê
    .. mag jy dalk van haar plaé baar ..
    genadetyd .. is bykans klaar!
    soos vir die vyf onverstandige maagde ..

    Kerkleiers
    Regeringleiers
    en politieke partye ..
    sal val
    .. ineenstort
    wêreldwyd ..
    die gort
    is gaar ..
    onrus sal nié bedaar!

    Wees tog nié
    soos die vyf onverstandige maagde ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.