Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

‘n Tragedie is besig om te ontvou ..

  1. February 14, 2024

    ‘n Uitspraak!

    ‘n Tragedie is besig om te ontvou
    aksies .. in-die-geheim-bereken
    .. sal in die geskiedenis .. aangeteken
    word as flaters ..
    .. sal die erflaters
    dit onthou ..

    Kleingemaak
    onder die nasies
    .. tog, só baíe vermag ..
    nou verág
    áfgekraak ..

    ‘n Goddelose hart se vermetelheid
    .. met duisternis omrank ..
    geestelik gekrenk
    .. deurdrenk
    met vergetelheidsdrank ..
    .. kassa-sakke .. só wyd ..
    wie in hoë plekke bly
    .. sluheid deur sy hart laat gly ..
    baie verlei ..

    Daar kom ‘n eínde aan
    .. jy moes nié in die poort
    gekom het
    toe jy sý nood oplet ..
    .. jy moes nié met genót
    sý onheil aanskou het
    ja, jy was daarop versót ..
    .. jy moes nié die hand
    uitgesteek het na sý rykdom
    om hóm só te laat ómkom ..
    .. jy moes nié gestaan
    het op die kruispad
    met ‘n materslat
    om hóm flenters te slaan
    sý vlugtelinge
    te boei
    en uit te roei
    deur jou geknoei ..
    .. jy moes nié sý vrygeraaktes
    uitgelewer het op die dag van benoudheid
    en daaroor gejolyt ..

    Want die dag van die HERE
    is naby ál die nasies
    Sy Woord verklaar basies
    “soós jy gedoen het
    sal aan jou gedoen word
    jou dade sal op jou hoof neerkom”
    .. jy moes nié gesê het “hardloop na jou God”
    ‘dit maak jou nie benoud
    dit laat jou koud’ ..

    Gooi af .. satan’s lis
    daar is nog tyd .. vir Jesus se vergifnis ..

    Jý, kleingemaak
    vir God maak jý saak ..
    .. wees nie bang
    moenie jou hande
    op die lande
    moedeloos laat hang ..

    Die HERE jou God is by jou
    Hy, die krygsman wat red
    Hy is vol vreugde oor jou
    Hy is stil-tevrede in Sy liefde
    Hy jubel en juig oor jou ..
    .. op die regte tyd
    verander Hy jou lyd
    jou vernedering
    verander in eer
    en in roem
    oor die hele aarde genoem
    .. die Éniggebore Seun van God se Naam moet jy bely
    jou geloof ín Hom, standvastig bly ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.