Herders
het hul laat bekoor
deur menseregte-beskouing
ín die Wóórd van God .. hul spoor
in ‘n Goddelike-verhouding
verloor ..
soos Esau
sy eersgeboortereg .. geminag
sy Goddelike seëning .. verbeur
.. watter sondes het ín Sodom en Gomorra gebeur? ..
só geringag
Herders die Wóórd van God
het hul moedswilliglik vergeet
.. wat wás Sodom en Gomorra se lót? ..
‘n Siel .. spartelend in ‘n kleigrondsloot
in drenkelingsnood
versmorend in sonde-slik
die duisternis só dik
daar is geen reddingsboei
geen helper wat hom sou vermoei
met uitkóms ..
‘n Siel .. verlore
hel-gegewe
soekend
smágtend
ná die Ewíge Léwe
.. wáár sal só ‘n siel .. ná behore
‘n vurige Heilige Gees vervulde
bekeringsgevulde
evangelieboodskap
hoor?
Wáár is die herders se nóódkreet
met dringende ángs
om verlore siele uit die helse vuur
se smarte te ruk
om satansgreep
te verbreek
ná ‘n hemelse heerlikheid
in Goddelike teenwoordigheid
van die triomfantelike Verlosser
die opgestane Jesus Christus!
.. in plaas van verlore siele met misleiding te sus ..
Miljoene siele soek weekliks
tevergeefs .. grootliks
ná ‘n Heilige Gees
vervulde verlossingsboodskap
Herders .. in die Wóórd van God veragter ..
laat hul skape .. wees
Herders gevul .. met die Esau-gees ..
Lewenstyd op aarde het geen waarborg
elkeen moet vir sy/haar eie siel sorg
gaan uít onder die Esau-gees
.. wees
met die Wóórd van God belees
geestelik gespeen ..
ín Jesus Christus alleen
is die Ewige Lewe!
1 Comment
Ben Hefer
April 4, 2024
Esau-gees!
Herders
het hul laat bekoor
deur menseregte-beskouing
ín die Wóórd van God .. hul spoor
in ‘n Goddelike-verhouding
verloor ..
soos Esau
sy eersgeboortereg .. geminag
sy Goddelike seëning .. verbeur
.. watter sondes het ín Sodom en Gomorra gebeur? ..
só geringag
Herders die Wóórd van God
het hul moedswilliglik vergeet
.. wat wás Sodom en Gomorra se lót? ..
‘n Siel .. spartelend in ‘n kleigrondsloot
in drenkelingsnood
versmorend in sonde-slik
die duisternis só dik
daar is geen reddingsboei
geen helper wat hom sou vermoei
met uitkóms ..
‘n Siel .. verlore
hel-gegewe
soekend
smágtend
ná die Ewíge Léwe
.. wáár sal só ‘n siel .. ná behore
‘n vurige Heilige Gees vervulde
bekeringsgevulde
evangelieboodskap
hoor?
Wáár is die herders se nóódkreet
met dringende ángs
om verlore siele uit die helse vuur
se smarte te ruk
om satansgreep
te verbreek
ná ‘n hemelse heerlikheid
in Goddelike teenwoordigheid
van die triomfantelike Verlosser
die opgestane Jesus Christus!
.. in plaas van verlore siele met misleiding te sus ..
Miljoene siele soek weekliks
tevergeefs .. grootliks
ná ‘n Heilige Gees
vervulde verlossingsboodskap
Herders .. in die Wóórd van God veragter ..
laat hul skape .. wees
Herders gevul .. met die Esau-gees ..
Lewenstyd op aarde het geen waarborg
elkeen moet vir sy/haar eie siel sorg
gaan uít onder die Esau-gees
.. wees
met die Wóórd van God belees
geestelik gespeen ..
ín Jesus Christus alleen
is die Ewige Lewe!
Write a comment: