Die missie van ‘Skimmel-en-Bloed.net’ is –
- Om hierdie webwerf slegs tot lof, eer en aanbidding van God Drie-Enig te bedryf
- Om die Woord van God vrylik met mede-gelowiges en andere te deel
- Om die heerlikheid van kind van God uit te jubel en die lig van die evangelie in ons harte te laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal
- Om voorbidding en intreding te doen vir andere by God se Genadetroon om barmhartigheid en genade te mag ontvang
- Om evangelisasie te beoefen deur middel van Bybelverspreiding om andere die Woord van God in hul eie taal te kan deelagtig word
- Om uit te reik na andere in nood in soverre dit moontlik is
Die stigter en outeur van ‘Skimmel-en-Bloed.net’ het ‘n vaste vertroue en geloof –
- In die onfeilbare, onbetwisbare, absolute gesag van die Bybel as die geinspireerde Woord van God
- In die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God – Skepper van die hemel en die aarde
- God Drie-enig: Vader, Seun Jesus Christus en Heilige Gees
- Jesus die Christus, Eniggeborene van God die Vader, die Woord, Messias, maagdelike geboorte, sondelose menslikheid, versoenende offerliefde dood aan die kruis, liggaamlike opstanding en hemelvaart, Verlosser
- Dat ons almal gesondig het en tekort skiet aan die glorie van God
- Dat Jesus Christus die Weg en die Waarheid en die Lewe is en dat Hy die enigste weg is tot God die Vader
- In die onsterflikheid van die menslike siel – ‘n ewige lewe en ‘n ewige verderf
- Dat redding tot die ewige lewe alleenlik verkry kan word deur geloof in Jesus Christus, uit genade gered en nie deur eie verdienste nie
- In die wederkoms van Jesus Christus en in die uiteindelike heerlikheid van Sy Gees vervulde bruid
Deelnemende persoon se verantwoordelikhede / ‘Skimmel-en-Bloed.net’ Vrywaring
- Jy (die deelnemende persoon) belowe plegtig dat die inhoud van alle verskafte inligting (in welke vorm ookal voorsien en uitsluitlik vir plasing bedoel) wel jou EIE werk of skepping is en dat jy Skimmel-en-Bloed.net slegs van oorspronklike werk sal voorsien wat NIE inbreuk maak op enige logo, embleem, kopiereg, handelsmerk, morele reg, enige ander intellektuele eiendomsreg, of enige private of publieke reg nie – en aanvaar volle persoonlike verantwoordelikheid daarvoor.
- Enige ongemagtigde gebruik, verandering, en kopiëring van internet beelde of afdrukke, hetsy as geheel of gedeeltelik, is verbode tensy dit skriftelik gemagtig is deur die outeur daarvan.
- Jy (die deelnemende persoon) stem verder in dat Skimmel-en-Bloed.net en sy Administrateur/Webmeester gevrywaar word (ten opsigte van alle verskafte inligting, artikels, beelde, ens. beskikbaar gemaak deur jouself aan Skimmel-en-Bloed.net) van enige aanspreeklikheid hoegenaamd van enige en alle eise, aksies of aksie oorsake of hoegenaamd voortspruitend uit of op enige manier verbind met Skimmel-en-Bloed.net.
- Alle inligting voorsien vir plasing, word deur die Administrateur van Skimmel-en-Bloed.net geassesseer en die besluitneming vir plasing, al dan nie, berus by die Administrateur en geen redes sal verskaf word in geval van nie-plasing.
Skimmel-en-Bloed.net is daartoe verbind om, in lyn met die POPI wetgewing, die persoonlike inligting en privaatheid te beskerm van alle besoekers en deelnemende of ingeskrewe persone wat hierdie webwerf besoek of korrespondeer met Skimmel-en-Bloed.net, of artikels, ens. vir plasing verskaf.
Skimmel-en-Bloed.net gebruik webwerf koekies om seker te maak dat jou interaksie met ons webwerf flink verloop. Webwerf koekies is geldig vir 30 dae en word dan hernubaar.
Tydens hierdie verkenning en lees van die webwerf se onderskeie onderwerpe, word daar geen private of persoonlike data-inligting ingesamel of geprosesseer nie.
Besoekende data onderwerpe se toestel wat met die internet koppel, se IP-adres mag wel moontlik geidentifiseer word.
- ‘n IP-adres is ‘n unieke adres wat ‘n toestel op die internet of ‘n plaaslike netwerk identifiseer. IP staan vir “Internet Protocol”, wat die stel reëls is wat die formaat van data wat via die internet of plaaslike netwerk gestuur word, reguleer.
Wanneer ‘n data onderwerp Skimmel-en-Bloed.net se E-pos Boodskap vorm voltooi, met of sonder die keuse om ‘n dokument op te laai, word die data onderwerp se toestel se IP Adres, persoonlike data bevattende Naam en Van, asook ‘n geldige e-pos adres, ingesamel en geprosesseer.
Sodanige persoonlike inligting word slegs gestoor vir wedersydse kommunikasie doeleindes. Die data onderwerp het die reg om skriftelik te versoek dat sy of haar persoonlike inligting gewysig of verwyder moet word vanaf Skimmel-en-Bloed.net se databasis.
Skimmel-en-Bloed.net sal nooit data onderwerpe se e-pos adresse wanaanwend of misbruik nie.
Skimmel-en-Bloed.net word beskerm deur wêreldklasleiers ESET Security en Wordfence teen die jongste aanvalle en sekuriteitskwesbaarhede, wat intydse eindpunt-bedreigingsintelligensie verskaf ten opsigte van antivirus-, brandmuur- en wanware-sekuriteitsbeskerming.
Hierdie privaatheidsbeleid vorm ‘n integrale deel van die gebruiksbepalings van hierdie webwerf.
Skimmel-en-Bloed.net behou die reg voor om die privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te wysig.