Ons hoor graag van jou!
Die gebruik van hierdie toepassing is heeltemal gratis en het meerdoelige funksies.
Geen besonderhede of registrasie word verlang om gebruik te maak van die toepassing nie – bly anoniem of verskaf net ‘n naam indien so verkies.
1. Ongepubliseerde en Vertroulike Gespreksopname
Beleef jy ‘n warboel emosies of trauma .. voel jy vasgedruk en beklem deur eensaamheid of siekte .. of sommer net ‘n behoefte om met ‘n vriend in Jesus te gesels ..
Neem die vrymoedigheid om hierdie geleentheid te benut en Skimmel-en-Bloed te gebruik as ‘n vriend in Jesus en klankbord wat werklik na jou gespreksopname sal luister met ‘n gevoelshart.
Praat ‘uit die hart’ is genesende salf vir ‘n gekneusde gees.
2. Bydrae vir publikasie op die Skimmel-en-Bloed se blog SHALOM!
Neem die vrymoedigheid om ‘n verrykende gesprek, gebed, Bybelstudie onderwerp of sommer net ‘n sinvolle geselsie met mede-gelowige kinders van God, te deel op Skimmel-en-Bloed se Gospel blog.
‘n Opregte hart verryk en suiwer die gemoed van diegene wat hoor!

-
Weens huidige omstandighede is tweerigting klank-kommunikasie tans nie moontlik nie.
-
Plasings is onderhewig aan die Administrateur se diskresie.
Eensaamheid!
Bitter baie mense .. leef
in eensaamheid ..
daar is geen klaarheid
wipplank emosies .. kleef
soos Velcro
toekoms lyk só grou
‘n traumatiese skok
gedagtes .. ingehok
geen oor
om jou aan te hoor ..
Bly anoniem .. as jy so verkies
praat jou hart uit .. oor jou verlies
verlig jou gemoed se las
hier word jy nié geklas
na elke boodskap word geluister
soms .. ook in die nag .. se duister
Die uitsluitlike doel
van hierdie geleentheid
is .. as jou siel verlate voel
en emosies in jou binneste woel ..
om jou toe te laat
.. dit doen jou geen kwaad ..
om met iémand jou gemoed te deel
.. keer dat satan nié jou lewensvreugde steel ..
jou self-gesprek
vertoon geen gebrek
.. want ..
trauma .. siekte .. emosionele nood
kan jou laat beland
in ‘n fisiologiese dryfsand
sloot ..
wat gees, siel en liggaam
.. tesaam
mag beïnvloed ..
Verloor dus .. geen hoop
oorwinning hoef jy nié te koop
Jesus het reéds .. ook vir joú ..
.. hier en noú ..
oorwinning oor die dood .. behaal
met Sy Bloed .. daarvoor .. betaal!