Vrees van die HERE

Deuteronomium 4:29 (AFR_1933/1953) 
Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
Deuteronomium 6:5 (AFR_1933/1953) 
Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
Deuteronomium 10:12 (AFR_1933/1953) 
En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al Sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
Deuteronomium 30:2 (AFR_1933/1953) 
en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel.
Deuteronomium 30:6 (AFR_1933/1953) 
En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.
Deuteronomium 30:10 (AFR_1933/1953) 
.. as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.
1 Konings 2:4 (AFR_1933/1953) 
sodat die HERE Sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor My Aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou ‘n man op die troon van Israel ontbreek nie.
Spreuke 3:5 (AFR_1933/1953) 
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Mattheus 22:37 (AFR_1933/1953) 
En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Markus 12:29-30 (AFR_1933/1953) 
29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n Enige Here;
30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. 
Dit is die eerste gebod.
Lukas 10:27 (AFR_1933/1953) 
En Hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Markus 12:29-30 (AFR_1933/1953) 
29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n Enige Here;
30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. 
Dit is die eerste gebod.
Deuteronomium 10:12 (AFR_1933/1953) 
En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al Sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
Deuteronomium 10:20 (AFR_1933/1953) 
Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by Sy Naam sweer.
Deuteronomium 13:4 (AFR_1933/1953) 
Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en Sy gebooie hou en na Sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
Jeremia 32:39 (AFR_1933/1953) 
En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.
Jeremia 32:40 (AFR_1933/1953) 
En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal My vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.
Psalm 111:10 (AFR_1933/1953)
Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.
Spreuke 1:7 (AFR_1933/1953)
Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
Spreuke 4:7 (AFR_1933/1953)
Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
Spreuke 8:13 (AFR_1933/1953) 
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.
Spreuke 9:10 (AFR_1933/1953) 
Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
Lukas 12:4-5 (AFR_1933/1953) 
4 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;
5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
Jesaja 41:10 (AFR_1933/1953) 
Wees nie bevrees [al ti’yra] nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.
Jesaja 41:13 (AFR_1933/1953) 
Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees [al ti’yra] nie, Ek help jou [ani ezar’tika].
Romeine 8:35 (AFR_1933/1953)  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Romeine 8:36 (AFR_1933/1953)  
of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Psalms 119:105 (AFR_1933/1953) 
U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.
Spreuke 6:23 (AFR_1933/1953)
Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe,
Spreuke 20:27 (AFR_1933/1953)
Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.
Matteus 6:22 (AFR_1933/1953)
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Lukas 11:34-36 (AFR_1933/1953)
34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.
Eksodus 20:5 (AFR_1933/1953)
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Eksodus 34:14 (AFR_1933/1953)
Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers — 'n jaloerse God is Hy.
Deuteronomium 4:24 (AFR_1933/1953)
Want die HERE jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God.l grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.
Deuteronomium 5:9 (AFR_1933/1953)
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Deuteronomium 6:15 (AFR_1933/1953)
want die HERE jou God is ‘n jaloerse God by jou — sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Josua 24:19 (AFR_1933/1953) 
Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is ‘n heilige God, Hy is ‘n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
Nahum 1:2 (AFR_1933/1953)
‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.
Deuteronomium 7:10 (AFR_1933/1953) 
Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
Psalms 11:5 (AFR_1933/1953) 
Die HERE toets die regverdige; maar Sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Eksodus 20:5 (AFR_1933/1953)
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Deuteronomium 5:9 (AFR_1933/1953) 
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Deuteronomium 7:10 (AFR_1933/1953) 
Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
Deuteronomium 7:15 (AFR_1933/1953) 
En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.
Deuteronomium 9:28 (AFR_1933/1953) 
sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat die HERE hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!
Deuteronomium 12:31 (AFR_1933/1953) 
So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ‘n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.
Deuteronomium 16:22 (AFR_1933/1953) 
Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die HERE jou God haat, oprig nie.
Deuteronomium 22:13 (AFR_1933/1953) 
As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat
Deuteronomium 24:3 (AFR_1933/1953) 
en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het —
Deuteronomium 33:11 (AFR_1933/1953) 
Seën, HERE, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.
Rigters 14:16 (AFR_1933/1953) 
Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?
2 Samuel 19:6 (AFR_1933/1953)
deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.
1 Konings 22:8 (AFR_1933/1953) 
En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
2 Kronieke 18:7 (AFR_1933/1953) 
En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
2 Kronieke 19:2 (AFR_1933/1953) 
het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die HERE.
Job 34:17 (AFR_1933/1953) 
Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?
Psalms 5:5 (5:6) (AFR_1933/1953) 
Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
Psalms 11:5 (AFR_1933/1953) 
Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Psalms 25:19 (AFR_1933/1953) 
Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ‘n gewelddadige haat.
Psalms 26:5 (AFR_1933/1953) 
Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
Psalms 31:6 (31:7) (AFR_1933/1953) 
Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.
Psalms 34:21 (34:22) (AFR_1933/1953) 
Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.
Psalms 35:19 (AFR_1933/1953) 
Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
Psalms 36:2 (36:3) (AFR_1933/1953) 
Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
Psalms 38:19 (38:20) (AFR_1933/1953) 
Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.
Psalms 45:7 (45:8) (AFR_1933/1953) 
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
Psalms 50:17 (AFR_1933/1953) 
terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
Psalms 69:4 (69:5) (AFR_1933/1953) 
Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
Psalms 89:23 (89:24) (AFR_1933/1953) 
maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.
Psalms 97:10 (AFR_1933/1953) 
o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
Psalms 101:3 (AFR_1933/1953) 
Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.
Psalms 105:25 (AFR_1933/1953) 
Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.
Psalms 109:3 (AFR_1933/1953) 
en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
Psalms 109:5 (AFR_1933/1953) 
En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
Psalms 118:7 (AFR_1933/1953) 
Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
Psalms 119:104 (AFR_1933/1953) 
Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.
Psalms 119:113 (AFR_1933/1953) 
Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.
Psalms 119:128 (AFR_1933/1953) 
Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
Psalms 119:163 (AFR_1933/1953) 
Leuens haat ek en het daar ‘n afsku van; u wet het ek lief.
Psalms 120:6 (AFR_1933/1953) 
Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
Psalms 129:5 (AFR_1933/1953) 
Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
Psalms 139:21 (AFR_1933/1953) 
HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
Psalms 139:22 (AFR_1933/1953) 
Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my!
Spreuke 1:22 (AFR_1933/1953) 
Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?
Spreuke 6:16 (AFR_1933/1953) 
Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel:
Spreuke 8:13 (AFR_1933/1953)  
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.
Spreuke 8:36 (AFR_1933/1953) 
Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.
Spreuke 9:8 (AFR_1933/1953) 
Bestraf ‘n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê.
Spreuke 10:12 (AFR_1933/1953) 
Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
Spreuke 10:18 (AFR_1933/1953) 
Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.
Spreuke 11:15 (AFR_1933/1953) 
Baie sleg word iemand behandel as hy vir ‘n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.
Spreuke 12:1 (AFR_1933/1953) 
Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
Spreuke 13:5 (AFR_1933/1953) 
Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
Spreuke 13:24 (AFR_1933/1953) 
Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
Spreuke 15:10 (AFR_1933/1953) 
‘n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
Spreuke 15:17 (AFR_1933/1953) 
Liewer ‘n porsie groente waar liefde by is, as ‘n vetgevoerde bees en haat daarby.
Spreuke 15:27 (AFR_1933/1953) 
Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
Spreuke 19:7 (AFR_1933/1953) 
Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!
Spreuke 25:17 (AFR_1933/1953) 
Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
Spreuke 26:26 (AFR_1933/1953) 
Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
Spreuke 26:28 (AFR_1933/1953) 
‘n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ‘n gladde mond bewerk ondergang.
Spreuke 28:16 (AFR_1933/1953) 
‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
Spreuke 29:10 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.
Spreuke 29:24 Hy wat saam met ‘n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
Prediker 3:8 ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.
Prediker 9:1 Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie.
Prediker 9:6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Jesaja 1:14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
Jesaja 61:8 (AFR_1933/1953)
Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ‘n ewige verbond met hulle sluit. 

Jeremia 44:4 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie.
Esegiël 16:27 En kyk, Ek het my hand teen jou uitgestrek en die vir jou bestemde deel verminder; en Ek het jou oorgegee aan die hebsug van die wat jou haat, die dogters van die Filistyne wat hulle geskaam het oor jou ontugtige wandel.

Esegiël 23:28 Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jy haat, in die hand van hulle van wie jou siel vervreemd geraak het.
Esegiël 35:11 daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het; en Ek sal onder hulle bekend word as Ek jou oordeel.
Hosea 9:15 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.
Amos 5:10 Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het ‘n afsku van hom wat in opregtheid spreek.
Amos 5:15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort — miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Amos 5:21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
Amos 6:8 Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het ‘n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
Sagaria 8:17 En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.
Maleagi 2:16 Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Matteus 5:43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.
Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;
Matteus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Matteus 24:10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
Lukas 1:71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,
Lukas 6:22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.

Lukas 6:27 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
Lukas 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
Lukas 16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
Johannes 3:20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Johannes 7:7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.
Johannes 12:25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
Johannes 15:18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
Johannes 15:19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
Johannes 15:23 Wie my haat, haat ook my Vader.
Romeine 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
1 Johannes 2:9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.
1 Johannes 2:11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
1 Johannes 3:13 Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie.
1 Johannes 3:15 Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.
1 Johannes 4:20 As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
Judas 1:23 maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.
Openbaring 2:6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.
Openbaring 2:15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

Openbaring 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Spreuke 10:18 (AFR_1933/1953) 
Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.
Spreuke 6:16-19 (AFR_1933/1953)
16 - Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel:
17 - trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, 
18 - ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, 
19 - een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
Spreuke 8:13 (AFR_1933/1953) 
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.
Deuteronomium 12:31 (AFR_1933/1953) 
So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ‘n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.
Deuteronomium 16:22 (AFR_1933/1953) 
Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die HERE jou God haat, oprig nie. 
Psalms 5:5 (5:6) (AFR_1933/1953) 
Die onsinniges sal voor U oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
Psalms 11:5 (AFR_1933/1953)
Die HERE toets die regverdige; maar Sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Psalms 45:7 (45:8) (AFR_1933/1953) 
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
Jesaja 1:13-14 (AFR_1933/1953) 
13 - Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste - Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
14 - Julle nuwemane en julle feestye haat My siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
Jesaja 61:8 (AFR_1933/1953)
Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ‘n ewige verbond met hulle sluit. 
Jeremia 44:4 (AFR_1933/1953)
3 - weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstyg en ander gode te dien wat hulle nie geken het, hulle, julle en julle vaders.
4 - En Ek het na julle gestuur al My knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie. 
Hosea 9:15-17 (AFR_1933/1953) 
15 - Al hulle [Efraim se] boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig. 
16 - Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
17 - My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerf onder die nasies. 
Amos 5:21 (AFR_1933/1953) 
Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.  
Amos 6:8 (AFR_1933/1953)
Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het ‘n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
Sagaria 8:17 (AFR_1933/1953)
En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.
Maleagi 2:16 (AFR_1933/1953) 
Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Openbaring 2:6 (AFR_1933/1953) 
Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.

3531 Νικολαιτης Nikolaïete nik-ol-ah-ee’-te

vanaf 3532; n pr m

AV-Nicolaitans 2; 2

Nikolaïete =” vernietiging van mense”

1) ‘n sekte wat in #Openbaring 2:6,15 genoem word, wat daarvan aangekla is dat hy die dwaling van Bileam gehad het, ‘n struikelblok voor die kerk van God gegooi het deur die vryheid te handhaaf om dinge te eet wat aan afgode geoffer is, asook om hoerery te pleeg.

Openbaring 2:15 (AFR_1933/1953) 
So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.
Spreuke 26:28 (AFR_1933/1953)
‘n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ‘n gladde mond bewerk ondergang.
Psalms 15:1-3 (AFR_1933/1953)
:1 HERE, wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg?
:2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek
:3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
Psalms 22:15 (22:16) (AFR_1933/1953)
My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
Genesis 35:5 (AFR_1933/1953) 
En toe hulle weggetrek het, kom daar ‘n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.
1 Samuel 11:7 (AFR_1933/1953)  
En hy het ‘n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie — so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die HERE op die volk en hulle trek soos een man uit.
1 Samuel 14:15 (AFR_1933/1953) 
Toe kom daar ‘n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit ‘n skrik van God geword het.
Jesaja 2:10 (AFR_1933/1953)  
Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.
Jesaja 2:19 (AFR_1933/1953)  
En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
Jesaja 2:21 (AFR_1933/1953)  
om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
2 Korinthiërs 3:15-16 (AFR_1933/1953) 
15: Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder dié wat gered word en onder dié wat verlore gaan;
16: vir die laaste 'n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste 'n reuk van die lewe tot die lewe.
Matteus 5:22 (AFR_1933/1953) 
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matteus 5:29 (AFR_1933/1953) 
As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Matteus 5:30 (AFR_1933/1953) 
En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Matteus 18:9 (AFR_1933/1953) 
En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word.
Matteus 23:15 (AFR_1933/1953) 
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.
Matteus 23:33 (AFR_1933/1953) 
Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Markus 9:43-44 (AFR_1933/1953)
43: En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
44: waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
Markus 9:45-46 (AFR_1933/1953)
45: En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
46: waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
Markus 9:47-48 (AFR_1933/1953)
47: En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,
48: waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
Lukas 12:4-5 (AFR_1933/1953)
4: En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;
5: maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
Jakobus 3:6 (AFR_1933/1953) 
Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
2 Petrus 2:4 (AFR_1933/1953)
Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
2 Korintiërs 12:2 en 4 (AFR_1933/1953) 
:2 Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

:4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.
Openbaring 12:5 (AFR_1933/1953) 
En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.