Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7
[/column]

Eindtydgebeure ..

  1. April 15, 2026

    Verborgenhede vervat in die boek van Openbaring, is vele en verrassend!

    Ek omskryf onder andere –
    • Jesus se profesie dat een van die dissipels Sy Wederkoms sal ervaar
    • Koning Salomo en die Antichris se raakvattende verbintenis
    • Klaagliedere en Daniël se 70ste week-profesie se naelstring verbintenis
    • Die totale weglating van enige verdere verwysings na die kerk na Hoofstuk 3 en die verborge redes daarvoor
    • Die reëlmatigheid van God se volmaakte rekenkundigheid in ooreenstemming met Ou Testamentiese gebeure
    • Die betekenis en identifisering van die vier perde en hul ruiters
    • God se genade midde-in Sy regverdige oordeel en uitstorting van Sy grimmigheid oor die aarde
    • Die betekenis en identifisering van die dier wat uit die see opkom met 7 koppe
    • Wie is die 8ste kop van hierdie dier?
    • Die betekenis en identifisering van die dier wat uit die aarde opkom?
    • Wie is die engele wat die skale van oordeel oor die aarde uitgooi?
    • Verborge rede vir die totale Godloosheid van die mens tydens die 7 jaar se groot verdrukking
    • Verborge rede vir VOLKOME Godloosheid gedurende die laaste tydperk van 42 maande
    • Kunsmatige Intelligensie se oorhand oor menslike intelligensie
    • Hommeltuie word ‘snuffeltuie’!
    • Wie is die twee getuies wat in sakke gekleed sal profeteer?
    • Wie is die Antichris en watter godsdiens sal hy afdwing?
    • Wanneer vind die presiese uur plaas as die Antichris in die Tempel gaan sit en homself as god verklaar?
    • Die betekenis en identifisering van die vrou wat voor die draak wegvlug en haar plek van skuiling
    • Waarom word daar nog 75 dae bygevoeg na die laaste tydperk van 1,260 dae?
    • Waarom sal diegene wat weggeraap is, anders bekleed wees as dié wat in die groot verdrukking sterf vir hul geloof in Christus?
    • Wie is die Eindtyd misteriese Babylon?
    • Waarom en wanneer sal daar 42 maande lank droogte wees?
    • Kan jy gered word deur die genade van God nadat jy die merk van die dier ontvang het?
    • Wie is die leërs wat saam met Christus Jesus in oorlog afsnel met Sy 2de koms?
    • Wat word van die gelowiges wat behoue deur die groot verdrukking sal kom?
    • Hoeveel Oordeel Trone sal plaasvind en wanneer?
    • Wat is die Bema Troon?
    • Waarom word daar nog …….
    • En nog vele meer verborgenhede word ontknoop!

    Beoogde publikasie van E-Boek – 1 September 2026

  2. April 22, 2026

    Die Heilige Gees het my nuwe insig geskenk t.o.v. die Eindtyd-uitleg van Koning Nebukadnesar se droom.
    My aanvanklike denke was dat die BRICS-lande as hoof katalisator die Eindtyd sal oorheers.
    Nou weet ek egter dat President Trump die hoof dryfveer is in die vorming van die Eindtyd-lande en dat die BRICS-lande wél ‘n onmisbare en noodsaaklike rol sal speel in die skepping van die Eindtyd-lande.
    Dit sal binnekort dan ook só begin vorming aanneem – hoogs interessante tye lê voor!

  3. May 7, 2026

    Die volgende twee jaar plus sal nog gekenmerk word deur groot ‘ontdekkings’ wat geopenbaar sal word, asook ‘ontmoetings’ en ‘gesprekke’ met ‘buiteaardse’ wesens. Onverklaarbare asteroïdes en ander ‘voorwerpe’ sal deel vorm van die histerie.
    Dit is reeds baie jare se voorbereiding deur antichrismagte om ‘n geloofwaardige en ‘bewysbare’ rede aan die wêreld te verskaf na die ‘in ‘n oogwink’ verdwyning van miljoene gelowiges.

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.