Elkeen weet hoe ‘n gedagte
‘n manier het ..
al sou jy dit wou belet
tydens slapelose nagte …
Oor elkeen se laaste lewensuur ..
wat op die lewenshorison – onvermydelik tuur!
Want dit is so deur God bepaal – nog voor geboorte
almal sal loop deur die ewigheidspoorte
die doodsengel sing die laaste akkoorde!
Wanneer dra jy jou laaste lewensgerf …
voordat jy sterf!
Hoe sal jy voor die Skepper staan?
want die Woord van God het jou daaroor lank reeds vermaan!
sal jy met oorvloedige vreugde voor Sy troon verskyn?
.. of wens jy kan voor Sy aangesig verdwyn?
Weet dit .. elke knie sal buig voor die Aangesig van God
dit is die sondaar se tragiese lot
bepalend die finaliteit van die ewige verderfnis …
teenoor kind van God se hemelse erfenis!
Al sê jy dit kan jou nie nou traak
goddelose wandelaar ..
weet dit .. sonder afspraak
word uitgeblus – jou lewenslig kandelaar!
.. meteens .. uit die niet
Laat Heer, U wil geskied!
Het jy die vaste versekering
van ‘n opregte hartsbekering?
Met die laaste asemteug
sal jy verskyn voor God met hande leeg?
of sal jy, kind van God, jou in Hom verheug!
Weet dit .. gedane aardse sake
het niks te make
met die lot van die siel
.. gegrond in jou lewensrigting kiel!
Behou goeie moed
want genade en vergifnis in oorvloed
het Jesus Christus – ook vir jou
wees tog maar net nie geestelik lou
as jy die ewige lewe wil behou!
Word jy vermaan in die geloof
hou jou nie moedswillig doof
want jou ewigheidswaarde
is ver bó goud, silwer en korale!
Open vir Jesus jou hart
en bewaar jouself van ewige smart
met Jesus Christus as jou enigste Verlosser hoop ..
en wanneer jou aardse liggaam sterwe
sal jy die koninkryk van God beërwe
.. en op die hemelse goue strate loop!
Gevoed deur invloede van binne en buite
onkeerbaar .. soms met kinderlike guite
Maar tog
onsekerheid is daar van genòg
wees tog nie aan jou lewe verknog
Een ding is egter verseker
Die dal van dood is ieder en elk se geskinkte beker
Daarom .. leef met hierdié vaste wete
.. al het jy dalk die tydelikheid van die lewe, vergete
Warrelwind gedagtes wat bots …
borrelend na bowe ..
onsekerheid op onsekerheid
is daar wel ook hierdie éen sekerheid
… daar is ‘n Anker, ‘n Rots
.. aan ‘n vloekhout vir ons geklowe
‘n Verlosser aan ‘n kruis geslag
deur sondaars bespoeg en uitgelag
Hy, die Getroue
is jou vaste vertroue
dat Sy verlossingsgenade
.. Heilige Gees inwerkingsade ..
ook vir jou
volle sekerheid inhou!
2 Comments
Ben Hefer
January 1, 2022
Onsekerheid of Sekerheid!
Elkeen weet hoe ‘n gedagte
‘n manier het ..
al sou jy dit wou belet
tydens slapelose nagte …
Oor elkeen se laaste lewensuur ..
wat op die lewenshorison – onvermydelik tuur!
Want dit is so deur God bepaal – nog voor geboorte
almal sal loop deur die ewigheidspoorte
die doodsengel sing die laaste akkoorde!
Wanneer dra jy jou laaste lewensgerf …
voordat jy sterf!
Hoe sal jy voor die Skepper staan?
want die Woord van God het jou daaroor lank reeds vermaan!
sal jy met oorvloedige vreugde voor Sy troon verskyn?
.. of wens jy kan voor Sy aangesig verdwyn?
Weet dit .. elke knie sal buig voor die Aangesig van God
dit is die sondaar se tragiese lot
bepalend die finaliteit van die ewige verderfnis …
teenoor kind van God se hemelse erfenis!
Al sê jy dit kan jou nie nou traak
goddelose wandelaar ..
weet dit .. sonder afspraak
word uitgeblus – jou lewenslig kandelaar!
.. meteens .. uit die niet
Laat Heer, U wil geskied!
Het jy die vaste versekering
van ‘n opregte hartsbekering?
Met die laaste asemteug
sal jy verskyn voor God met hande leeg?
of sal jy, kind van God, jou in Hom verheug!
Weet dit .. gedane aardse sake
het niks te make
met die lot van die siel
.. gegrond in jou lewensrigting kiel!
Behou goeie moed
want genade en vergifnis in oorvloed
het Jesus Christus – ook vir jou
wees tog maar net nie geestelik lou
as jy die ewige lewe wil behou!
Word jy vermaan in die geloof
hou jou nie moedswillig doof
want jou ewigheidswaarde
is ver bó goud, silwer en korale!
Open vir Jesus jou hart
en bewaar jouself van ewige smart
met Jesus Christus as jou enigste Verlosser hoop ..
en wanneer jou aardse liggaam sterwe
sal jy die koninkryk van God beërwe
.. en op die hemelse goue strate loop!
Ben Hefer
January 11, 2022
Sekerheid!
Die mensekind
se gedagtes is soos die wind
Gevoed deur invloede van binne en buite
onkeerbaar .. soms met kinderlike guite
Maar tog
onsekerheid is daar van genòg
wees tog nie aan jou lewe verknog
Een ding is egter verseker
Die dal van dood is ieder en elk se geskinkte beker
Daarom .. leef met hierdié vaste wete
.. al het jy dalk die tydelikheid van die lewe, vergete
Warrelwind gedagtes wat bots …
borrelend na bowe ..
onsekerheid op onsekerheid
is daar wel ook hierdie éen sekerheid
… daar is ‘n Anker, ‘n Rots
.. aan ‘n vloekhout vir ons geklowe
‘n Verlosser aan ‘n kruis geslag
deur sondaars bespoeg en uitgelag
Hy, die Getroue
is jou vaste vertroue
dat Sy verlossingsgenade
.. Heilige Gees inwerkingsade ..
ook vir jou
volle sekerheid inhou!
Write a comment: