Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Luister, o hemele, dat ek kan spreek ..

  1. February 7, 2023

    Lofkreet!

    Luister, o hemele, dat ek kan spreek
    kettings van die duisternis is deur die Seun van God verbreek
    laat die aarde dít hoor
    my hart wil dit uitbasuin in ‘n koor
    die woorde van my mond
    in Jesus Christus is my siel gegrond!

    Die Naam van die HERE roep ek uit
    satansmagte kan my siel nie buit
    ‘Gee grootheid aan onse God!
    die Rots, volkome is Sy werk!’
    .. het jý dit bemerk?

    Al Sy weë is strafgerigte
    luister maar aandagtig na àl die berigte
    ‘n God van trou en sonder enige onreg
    Regverdig en reg is Hy
    wie my teen verdelging verberg!

    Die hemele, ja, die hoogste hemel
    kan U nie bevat
    U is heeltemal onbeklad
    Almagtig, Majestieus en Alleenwys
    U het U Enige Seun .. in volmaakte waarde
    vir sondaars geoffer aan ‘n Kruis ..

    Aan U behoort die pilare van die aarde
    U het die wêreld daarop gevestig
    dit word só in U Woord bevestig!

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.