Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

Skuddings! ..

  1. April 5, 2024

    Alle werk van die geloof!

    So sê die HERE:
    “Die hemel is My troon
    en die aarde die voetbank
    van My voete”

    .. geen mens kan God onttroon
    deur Sy Wóórd te ontkloon
    met menslike denke
    Sy Wóórd te verdraai
    met regsdreigemente
    Sy skape te verraai ..
    Soos húlle hul eie weë verkies
    .. tot hul ewige verlies ..
    en húlle siel ‘n behae het
    in hul verfoeisels
    .. ‘n verderwingsnet ..
    só sal God ook húlle ongeluk verkies
    en wat hul met skrik vervul,
    oor hulle laat kom,
    omdat God geroep
    en niemand geantwoord het nie,
    God gespreek
    en húlle nie gehoor het nie;
    maar húlle het gedoen
    wat verkeerd
    is in God se oë,
    en verkies
    wat God nie behaag nie ..

    Daarom sal húlle beskaamd staan
    ‘kap die boom om en verwoes hom,
    maar laat sy penwortel in die aarde staan’
    .. sewe tydperke lank ..

    Diegene wie slégs vertrou op die
    vólle Wóórd van God ..
    dat onse God julle die roeping waardig mag ag,
    en alle werk van die geloof
    met krag
    volkome mag maak,
    sodat die Naam van onse Here Jesus Christus
    ín julle verheerlik kan word
    en julle ín Hom,
    ooreenkomstig die genade
    van onse God en die Here Jesus Christus!

    Kom bymekaar, julle almal, en luister!
    Wie onder hulle het dít verkondig?
    Hy vir wie die Here liefhet, sal Sy welbehae voltrek
    aan húlle .. ‘n Babelse verwarring ..
    en Sy mag aan dié kluitbrekers
    .. met Goddelike insig ..
    en hul weg sal voorspoedig wees

    Kom nader na My, hoor dit:
    Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie;
    van die begin af dat dit gebeur,
    is Ek daar!

    En julle sal weet dat Ek die HERE is
    as Ek met julle handel ter wille van My Naam
    en nie volgens julle verkeerde weë
    of julle verdorwe handelinge nie ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.