Op Vrydag, 18 Februarie 2022 het ek die opmerking gemaak dat Rusland wel binne enkele dae Oekraïne sal binne val en dat dit my oortuiging is dat President Putin geen beheer daaroor sal hê nie, omrede bybelse profesie in vervulling moet gaan.
Die profeet Esegiël het meer as 2,500 jaar gelede gesien hoe ‘n geweldige groot leërmag teen Israel gaan optrek en van watter lande die magte sal kom.
Van die lande wat genoem word is, onder andere, Gomer en al sy leërs. Volgens oorlewering het Gomer, ‘n seun van Jafet, en sy seuns hulle gaan vestig noord van die Swartsee – dus baie waarskynlik in die streek wat vandag as Oekraïne bekend staan.
Oekraïne moet dus deel vorm van die koning van die Noorde se magsgebied wat ook sal optrek teen Israel.
‘n Verdere bybelse profesie deur Daniël omvat duidelikheid dat Rusland se hernude opkoms as ‘n beduidende wêreldmag noodsaaklik is vir ‘n hoofrol in eindtyd gebeure wat moet uitspeel.
1 Comment
Ben Hefer
March 4, 2022

Write a comment: