Open/Close Menu Die Bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7

‘n Uitnodiging ..

  1. March 1, 2024

    ‘n Ope Uitnodiging!

    Voor u hierdie skrywe ontgin
    om daaroor te besin ..
    laat ek duídelik begin
    met ‘n erkentenis
    .. sodat u die krúks van die saak
    nié sal mís ..
    ek dien en vrees die God van Abraham, Isak en Jakob
    .. dié God téen wié u plot ..

    Die God van Abraham, Isak en Jakob
    hét ‘n Eniggebore Seun
    .. op wié u ook mag steun
    volg slégs Sý raad ..
    (selfs Jacob het ál oor Hom gepraat
    u is mos nou vir hóm ook kwaad?)

    Die Woord van God
    verkondig verdoemende lot
    .. Hý tog verander die tye
    en omstandighede
    Hý stel regeerders aan
    Hý sit regeerders af
    Hý weet wat in die duister is
    die Líg woon by Hóm ..

    Met ‘n beklemde hart
    ja, hartbenoudend
    verkondig ek
    sielsbehoudend
    .. vermy ewige smart
    Jesus skenk sondevergifnis ..

    U is nóu aan bewind
    wees nie té aardsgesind
    die dae van ons lewe
    is níe ‘n gegewe!

    Daar ís ‘n oordeelsdag
    waar elke knie sal buig
    en elke tong sal bely
    dat Jesus Christus
    die Verlosser en Seun van God
    is .. tot
    heerlikheid van die God
    van Abraham, Isak en Jakob ..

    U hét nog ‘n keuse
    .. ‘n lewensleuse
    ‘n ewigheidsbesef
    om Jesus te verhef ..
    .. hemelgerigtheid
    óf totale Goddelike afwesigheid ..

Write a comment:

*

Your email address will not be published.

© Alle regte voorbehou.